Gaan na inhoud

Sirikit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sirikit (gebore Sirikit Kitiyakara; 12 Augustus 193224 Oktober 2025) was Koningin van Thailand van 28 April 1950 tot 13 Oktober 2016 as die vrou van Koning Bhumibol Adulyadej (Rama IX). Sy was die moeder van Koning Vajiralongkorn (Rama X).[1]

Sirikit het Bhumibol in Parys ontmoet, waar haar pa die Thaise ambassadeur was. Hulle het in 1950 getrou, kort voor Bhumibol se kroning. Sirikit is in 1956 as koningin-regent aangestel, toe die koning vir 'n tydperk die Boeddhistiese monnikskap betree het.[2] Hulle het vier kinders gehad. Sy was die wêreld se langsdienende koningin-gemalin, die gemalin van die monarg wat destyds die wêreld se langsregerende staatshoof was. Sirikit het in 2012 'n beroerte gehad en het voor haar dood in 2025 van openbare verskynings afgesien.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Statement of the Bureau of the Royal Household, Re: Her Majesty the Queen falls ill at Siriraj Hospital, dated 21 Julie 2012" (PDF) (in Thai). Bureau of the Royal Household. 21 Julie 2012. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 5 Desember 2012.
  2. Handley (2006), bl. 131-32.
  3. "Statement of the Bureau of the Royal Household, Re: Her Majesty the Queen falls ill at Siriraj Hospital, No. 12, dated 4 Desember 2012" (PDF) (in Thai). Bureau of the Royal Household. 4 Desember 2012. Besoek op 5 Desember 2012.[dooie skakel]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]