Filioque
Filioque is 'n Latynse term wat beteken "en van die Seun" en wat tot die oorspronklike Geloofsbelydenis van Nicea gevoeg is. Dit het gelei tot 'n goot omstredenheid tussen die Oosterse en Westerse Christendom. Die term verwys na die Seun, Jesus Christus, wat saam met die Vader die een gemeenskaplike oorsprong van die Heilige Gees is. Dit was nie in die oorspronklike geloofsbelydenis, wat aan die Eerste Konsilie van Konstantinopel (381) toegeskryf word, nie. Daarin staan slegs "gaan van die Vader uit (Grieks: τὸ ἐκ του Πατρὸς ἐκπορευόμενον)".[1]
Sommige Latynse kerke het in die laat 6de eeu die woorde "en die Seun" (Frans: la Filioque) by die oorsprong van die Heilige Gees gevoeg, tot ontsteltenis en teenkanting van die Oosters-Ortodokse Christene omdat dit volgens hulle 'n oortreding van Kanon VII[2] van die Konsilie van Efese was, aangesien die woorde nie ingesluit is in die teks deur óf die Eerste Konsilie van Nicea óf dié van Konstantinopel nie. Die invoeging is in die Roomse Kerk se liturgie opgeneem, maar die Oostelike Christenskap het dit verwerp.
Die term is steeds 'n bron van verskil tussen die Oosterse en Westerse Christendom, wat formeel verdeel is sedert die Oos-Wes-skisma van 1054.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Reformed Church in America. Commission on Theology (2002). "The Nicene Creed and the Procession of the Spirit". In Cook, James I. (red.). The Church speaks: papers of the Commission on Theology, Reformed Church in America, 1959–1984. Historical series. Vol. 40. Grand Rapids, MI: Eerdmans. ISBN 978-0-80280980-3.
- ↑ "NPNF, Canon VII".
- ↑ Congar, Yves (1959). After nine hundred years: the background of the schism between the Eastern and Western churches. Translated. New York: Fordham University Press. ISBN 978-0-58523800-5.
Skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.