Gaan na inhoud

Suits

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Suits
Genre
  • Regsdrama
  • Komediedrama
Geskep deur Aaron Korsh
Geskryf deur Aaron Korsh
Met
Temamusiekkomponis Ima Robot
Openingstema "Greenback Boogie" deur Ima Robot
Oorsprong VSA
Taal Engels
Aantal seisoene 9
Aantal episodes 134
Uitvoerende vervaardiger(s)
  • Aaron Korsh
  • Doug Liman
  • Dave Bartis
Vervaardiger(s)
  • Gene Klein
  • Gabriel Macht
  • Patrick J. Adams
  • JM Danguilan
Venue(s)
Kinematografie Dan Stoloff
Produksiemaatskappy
  • Untitled Korsh Company
  • Hypnotic Films & Television
  • Universal Cable Productions
  • Open 4 Business Productions
Uitsending
Oorspronklike kanaal USA Network
Oorspronklike lopie 23 Junie 2011 (2011-06-23)

Suits is 'n Amerikaanse regsdrama vir televisie wat deur Aaron Korsh geskep en geskryf is. Dit is deur Universal Content Productions vervaardig en die première was op 23 Junie 2011 op USA Network.

Die reeks speel in 'n fiktiewe regsmaatskappy in New York af en vertel die verhaal van Mike Ross (Patrick J. Adams), wat nie sy regsgraad aan die universiteit voltooi het nie. Hy het 'n fotografiese geheue en werk vir die suksesvolle en charismatiese advokaat Harvey Specter (Gabriel Macht).[1] Suits fokus op Harvey en Mike, wat regsake wen terwyl hulle die feit wegsteek dat Mike nooit sy regsgraad behaal het nie.[2] Van die ander akteurs is Rick Hoffman as Louis Litt, 'n neurotiese, manipulerende en ongenaakbare vennoot; Meghan Markle as die ambisieuse en talentvolle regsassistent Rachel Zane; Sarah Rafferty as Harvey se sekretaresse en vertroueling, Donna Paulsen; en Gina Torres as die maatskappy se wyse besturende vennoot, Jessica Pearson. Die reeks gaan nie net oor regsaksies nie, maar ook oor die persoonlike lewens van die karakters.[3]

Dit is op 30 Januarie 2018 vir 'n agtste seisoen hernu, maar Torres, Adams en Markle het die reeks verlaat.[4] Katherine Heigl het as Samantha Wheeler by die span aangesluit, en Alex Williams (Dulé Hill) en Katrina Bennett (Amanda Schull) is bevorder tot gereelde karakters.[5]

Die reeks is op 23 Januarie 2019 vir 'n negende seisoen van 10 episodes hernu,[6][7] met Adams wat vir die laaste drie van dié episodes teruggekeer het.

Suits is vir verskeie pryse benoem, onder andere vir Torres en Adams. Die reeks self is benoem vir twee People's Choice Awards. 'n Kort splinterreeks, Pearson, het sy première saam met Suits se laaste episode op 17 Julie 2019 gehad.[8][9][10]

Die reeks is in 2023 by die stromingsdienste Netflix en Peacock gevoeg,[11] terwyl NBCUniversal 'n nuwe splinterreeks, Suits LA, ontwikkel het.[12]

Rolverdeling

[wysig | wysig bron]

Bederwingswaarskuwing: Die storielyn en/of storie se einde volg hieronder.


  • Gabriel Macht is Harvey Specter, Jessica Pearson se regterhand by die regsmaatskappy Person Hardman in New York. Hy word 'n naamvennoot toe die maatskappy se naam in Pearson Darby Specter verander, maar bedank in seisoen 9 uit Specter Litt Wheeler Williams. Hy trou met Donna Paulsen en verhuis na Seattle om by Mike Ross en Rachel Zane aan te sluit.
  • Patrick J. Adams is Michael Ross. Harvey Specter stel hom as sy assosiaat aan, al het hy nie 'n regsgraad nie. In seisoen 5 word Mike uitgevang, en om Jessica, Harvey en Louis Litt te beskerm aanvaar hy 'n ooreenkoms om twee jaar tronkstraf uit te dien. In seisoen 6 aanvaar Mike 'n ooreenkoms om vroeg vrygelaat te word en word tot die balie toegelaat sodat hy wettig kan praktiseer. Hy trou met Rachel Zane en vertrek aan die einde van seisoen 7 na Seattle. Hy keer in seisoen 9 terug om Harvey, Louis, Alex en Samantha te help om van Faye Richardson ontslae te raak.
  • Rick Hoffman is Louis Litt, aanvanklik 'n junior vennoot by Pearson Hardman. Hy bewonder Harvey, maar is jaloers op sy charisma en sy noue band met Jessica Pearson. In seisoen 4 gebruik Louis Mike se geheim om Jessica te oorreed om hom 'n naamvennoot te maak, en die maatskappy se naam verander in Pearson Specter Litt. As besturende vennoot van die maatskappy word Louis 'n meegevoelige leier wat die lede soos familie behandel. Hy trou met Sheila Sazs, by wie hy in die laaste seisoen 'n dogter het. Hy is bekend daarvoor dat hy die assosiate met 'n streng, maar doeltreffende styl bestuur, en hy is trots daarop dat hy hulle loopbane help vorm. Sy transformasie en treffende frase “You just got Litt up!” maak hom 'n dinamiese en geliefde karakter.
  • Meghan Markle is Rachel Zane,[13] die dogter van Robert Zane, een van die stad se beste advokate. Al kry sy 'n werkaanbod by sy maatskappy, Rand Kaldor Zane, gaan werk Rachel as 'n regsassistant by Pearson Hardman. Sy word later 'n assosiaat by Pearson Specter Litt en is die eerste een wat nie aan Harvard studeer het nie. Sy trou aan die einde van seisoen 7 met Mike Ross en hulle verhuis na Seattle.
  • Sarah Rafferty is Donna Paulsen, aanvanklik Harvey se sekretaresse en vertroueling. In seisoen 5 gaan werk sy vir Louis, maar keer later terug na Harvey. In seisoen 7 word sy die maatskappy se hoofbedryfsbeampte (COO). Weens Donna se verkeerde hantering van haar kliënt/kêrel, Thomas Kessler, in seisoen 8 neem Daniel Hardman die maatskappy hof toe. Dit lei daartoe dat Robert Zane die skuld vir Donna se fout aanvaar en van die rol geskrap word. Harvey en Donna begin in seisoen 8 uitgaan en trou in seisoen 9.
  • Gina Torres is Jessica Pearson,[14] wat Pearson Hardman saam met Daniel Hardman gestig het. Aan die einde van seisoen 1 vind sy uit Mike Ross het nie 'n regsgraad nie. Harvey oortuig haar om hom en Mike nie af te dank nie sodat hulle beter teen Daniel Hardman kan veg nadat hy ná 'n lang afwesigheid weer op die toneel verskyn het. Ná 'n lang magstryd in seisoen 2 verwyder Jessica Daniel se naam uit dié van die maatskappy en smelt saam met Edward Darby om Pearson Darby te skep. Sy bevorder Harvey daarna tot naamvennoot, verwyder Darby se naam uit dié van die maatskappy en skep so Pearson Specter. In seisoen 4 gebruik Louis Litt Mike Ross se bedrog om 'n naamvennoot te word. In seisoen 6 word Mike uitgevang en tot twee jaar gevangenisstraf gvonnis. Hy hou egter vir Jessica, Louis en Harvey uit die tronk. In seisoen 6 verlaat Jessica die maatskappy en verhuis saam met haar kêrel, Jeff Malone, na Chicago. Die aanklaer Anita Gibbs se aanval op Mike dwing haar egter om terug te keer en te beken dat sy van Mike se bedrog geweet het. Dit lei daartoe dat sy van die rol geskrap word.
  • Amanda Schull is Katrina Bennett,[15] 'n assosiaat wat deur Harvey in diens geneem word. Sy gaan werk later vir Robert Zane, maar keer terug na Specter Litt. Sy word in seisoen 8 'n senior vennoot. Teen die einde van die reeks word sy 'n naamvennoot en die maatskappy se naam verander in Litt Wheeler Williams Bennett ná Harvey se vertrek.
  • Dulé Hill is Alex Williams, 'n ou vriend wat Harvey as senior vennoot by Specter Litt aanstel. Hy word later 'n naamvennoot van Zane Specter Litt Wheeler Williams.
  • Katherine Heigl is Samantha Wheeler,[5] 'n talentvolle nuwe vennoot by Zane Specter Litt wat eers vir Zane gewerk het. Sy daag die status quo uit en word later 'n naamvennot by Zane Specter Litt Wheeler Williams, en eindelik Litt Wheeler Williams Bennett.

Ontvangs

[wysig | wysig bron]

Op Metacritic het Suits 'n gemiddelde punt van 65 uit 100, gebaseer op 29 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.[16][17][18] Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 91%. Die webtuiste noem van seisoen 3 die reeks "stimuleer met die drama wat ontwikkel uit die krag van sy goed ontwikkelde karakters se verhoudings".[19]

Carrie Raisler van The A.V. Club skryf: "Suits het meer interne voorwaartse momentum as feitlik enigiets anders wat nou op televisie te sien is."[20] Julie Hinds van The Detroit Free Press meen: "Gabriel Macht as die gladdemond advokaat Harvey Specter en Patrick J. Adams as die reggenie sonder graad Mike Ross is 'n wenkombinasie."[21]

Splinterreekse

[wysig | wysig bron]

Pearson

[wysig | wysig bron]

In Februarie 2017 is begin met samesprekings oor 'n Jessica Pearson-splinterreeks met die naam Pearson.[8][22] Die première was in 2019,[10] maar die reeks is ná een seisoen gekanselleer.[23]

Suits LA

[wysig | wysig bron]

In Oktober 2023 is aangekondig 'n nuwe splinterreeks, Suits LA, word beplan. Dit het in Los Angeles afgespeel.[24][25] Stephen Amell het in die reeks verskyn as Ted Black, 'n voormalige federale aanklaer.[26] Macht was ook te sien as sy karakter in Suits, Harvey Specter.[27] Suits LA se première was op 23 Februarie 2025,[26] maar dit is ná een seisoen gekanselleer.[28]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Exclusive: More USA Summer Premieres: "Burn Notice," "Suits" on Thursday, June 23; "Royal Pains," "Necessary Roughness" on Wednesday, June 29". The Futon Critic. Besoek op 8 April 2011.
  2. Levine, Stuart (19 Januarie 2011). "USA expands slate with two new series". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2011. Besoek op 12 Februarie 2011.
  3. Suits (TV Series 2011–2019) - Plot - IMDb (in Engels (VSA)). Besoek op 3 Maart 2025 – via www.imdb.com.
  4. Andreeva, Nellie (30 Januarie 2018). "'Suits' Renewed For Season 8 Without Patrick J. Adams & Meghan Markle, Ups Dulé Hill & Gets 7B Premiere Date By USA". Deadline Hollywood. Besoek op 30 Januarie 2018.
  5. 5,0 5,1 "Katherine Heigl Joins Suits as Series Regular in Season 8". USA Network. 31 Januarie 2018. Besoek op 31 Januarie 2018.
  6. Andreeva, Nellie (23 Januarie 2019). "'Suits' To End With 10-Episode 9th & Final Season On USA Network". Deadline Hollywood. Besoek op 24 Januarie 2019.
  7. Gelman, Vlada (1 Mei 2019). "Suits' Final Season, Spinoff Pearson Get Shared July Premiere Date". TVLine. Besoek op 1 Mei 2019.
  8. 8,0 8,1 "USA Network Greenlights Gina Torres-Led Suits Spinoff". USA Network. 8 Maart 2018. Besoek op 8 Maart 2018.
  9. Suits [@Suits_USA] (31 Januarie 2019). "She's back and she means business. #Pearson premieres this summer on @USA_Network!" (Twiet). Besoek op 31 Januarie 2019 – via Twitter.
  10. 10,0 10,1 "USA Network Sets Premiere Date for Final Season of 'Suits' and New Spinoff Series 'Pearson'". The Futon Critic. 1 Mei 2019. Besoek op 9 Maart 2023.
  11. Haasch, Palmer. "The most-streamed show of 2023 wasn't a Netflix original – but it's still a huge win for the streamer". Business Insider.
  12. Cordero, Rosy (1 Februarie 2024). "'Suits: L.A.' Lands Pilot Order At NBC".
  13. "After 7 Amazing Seasons, Meghan Markle Will Depart Suits | Blog | Suits". USA Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
  14. "'Suits' Renewed For Season 8 Without Patrick J. Adams & Meghan Markle, Ups Dulé Hill & Gets 7B Premiere Date By USA". Deadline Hollywood. 30 Januarie 2018. Besoek op 30 Januarie 2018.
  15. Andreeva, Nellie (21 Maart 2018). "'Suits' Amanda Schull Promoted To Series Regular For Season 8 Of USA Drama". Deadline Hollywood. Besoek op 21 Maart 2018.
  16. "Suits : Season 1". Metacritic. Besoek op 23 Junie 2011.
  17. "Suits : Season 2". Metacritic. Besoek op 14 Junie 2012.
  18. "Suits : Season 3". Metacritic. Besoek op 12 Julie 2013.
  19. "Suits Reviews". Rotten Tomatoes. Besoek op 1 Augustus 2016.
  20. "Suits: 'The Arrangement'". The A.V. Club. Besoek op 16 Julie 2013.
  21. "With 'Suits,' USA network is tailored for hipness". The Detroit Free Press. 14 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2015.
  22. Petski, Denise (14 Mei 2018). "'Suits' Spinoff Starring Gina Torres Gets Title". Deadline Hollywood. Besoek op 14 Mei 2018.
  23. Gelman, Vlada (1 November 2019). "Pearson Cancelled: Suits Spinoff Not Returning for Season 2". TVLine. Besoek op 1 November 2019.
  24. Andreeva, Nellie (28 Desember 2023). "2024 TV Development: Selling Frenzy Amid Contraction, Compressed Pilot Season Post-Strike". Deadline Hollywood. Besoek op 28 Desember 2023.
  25. Porter, Rick (1 Februarie 2024). "Suits Spinoff Scores Pilot Order at NBC". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2024. Besoek op 1 Februarie 2024.
  26. 26,0 26,1 "'Suits LA': Release Date, Cast, Story, Trailer & Everything We Know". ScreenRant. Julie 2024. Besoek op 13 Februarie 2025.
  27. "'Suits' Fans Are Screaming About the Epic Return of a Cast Member for the Upcoming Spinoff". Good Housekeeping. 6 Desember 2024. Besoek op 13 Februarie 2025.
  28. Otterson, Joe (9 Mei 2025). "Suits: L.A. Canceled After One Season at NBC". Variety.

Skakels

[wysig | wysig bron]