Southampton
| Ligging in Engeland | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Land (VK) | |
| Graafskap | |
| Koördinate | 50°54′N 1°24′W / 50.900°N 1.400°W |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 72,8 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 5 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2010)skatting | 253 651 |
| - Bevolkingsdigtheid | 4 454/vk km |
| Tydsone | UTC +0 (GMT) |
| - Somertyd | UTC +1 (BST) |
| Burgemeester | Geen |
| Amptelike webwerf | southampton.gov.uk |
Southampton (Engels: [saʊθˈ(h)æmptən], ) is 'n stad in die verresuide van Engeland (in die Verenigde Koninkryk). Die stad het in 2010 'n geskatte bevolking van 253 650 gehad. Southampton lê in die seremoniële graafskap Hampshire, maar vir administratiewe doeleindes is die stad 'n unitêre gesag.
Daar is ook agt plekke in die Verenigde State en drie in Kanada wat na Southampton vernoem is. In 1912 het die RMS Titanic sy noodlottige reis van die stadshawe begin.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]'n Dorp genaamd Hamwic is in die 1ste eeu gebou. Later is die naam verander na Hamtun en toe na Hampton.
Southampton was een van die gasheerstede tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983, 1999 en 2019, asook beide die Kampioenetrofee 2004 en die T20I-vrouewêreldbeker 2026.
Demografie
[wysig | wysig bron]Southampton is die tweede grootste stad aan die Engelse suidkus (naas Plymouth). In 2001 was 92,4% van sy bevolking blankes, 3,8% Indiërs, 1,0% swartes en 2,8% ander.
Susterstede
[wysig | wysig bron]
Kalisz, Pole
Le Havre, Frankryk, sedert 1973
Rems-Murr-Kreis, Duitsland, sedert 1991
Hampton, Verenigde State
Qindao, Volksrepubliek China, sedert 1998
Busan, Suid-Korea, sedert 1978
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Southampton.- (en) Toerisme-inligting oor Southampton op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Southampton". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Desember 2025.


