In die Egiptiesemitologie was Sechmet of Sachmis oorspronklik die oorlogsgodin asook die godin van heling van Bo-Egipte.[1] Sy word voorgestel as ’n leeuwyfie. Daar is geglo haar asem het die woestyn geskep. Sy is beskou as die bewaarder van die farao's en het hulle in oorlog aangevoer.