Sébastien Loeb
| Sébastien Loeb | |
|---|---|
Loeb by die 2014 WTCC Race of Japan
| |
| Geboortedatum | 26 Februarie 1974 |
| Geboorteplek | Haguenau, Frankryk |
| Nasionaliteit | |
| Aktiewe jare | 1999–2013, 2015, 2018–2020 |
| Navigator | |
| Ou span(ne) | Citroën, Kronos Citroën, Hyundai |
| Inskrywings | 180 |
| Kampioenskappe | 9 (2004 deurlopend tot 2012) |
| Oorwinnings | 79 |
| Podiums | 119 |
| Loopbaanpunte | 1727 |
| Eerste tydren | 1999 Rally Catalunya |
| Eerste wen | 2002 Rallye Deutschland |
| Laaste wen | 2018 Rally Catalunya |
| Laaste inskrywing | 2020 Rally Turkey |
Sébastien Loeb (gebore 26 Februarie 1974) is 'n Franse professionele tydren-, wedren- en rallycross-renjaer. Hy het vir die Citroën-wêreldtydrenspan deelgeneem in die Wêreld-tydrenkampioenskap (WRC) en is die suksesvolste jaer in die geskiedenis van die WRC, nadat hy die wêreldkampioenskap 9 keer agtereenvolgens gewen het. Hy hou verskeie ander WRC-rekords, waaronder die meeste byeenkomste gewen, die meeste podiumplekke en die meeste sneldele gewen.
Loeb het aan die einde van die 2012-seisoen sy uittrede uit wêreldtydrenne aangekondig. Hy het daarna aan 'n paar geselekteerde byeenkomste in die 2013 WRC-seisoen deelgeneem en 'n volle seisoen in die FIA GT-reeks gejaag met 'n McLaren MP4-12C voordat hy in 2014 vir Citroën in die FIA Wêreldtoermotorkampioenskap deelgeneem het. In die 2018-seisoen was hy een van die amptelike bestuurders van die Team Peugeot Total. [1]
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Loeb en Elena by die 2001 Rally Finland
-
Loeb tydens Citroën se toetsing in Finland in Mei 2002
-
Loeb by die Ciprus-tydren in 2004
-
Loeb tydens die Ciprus-tydren in 2005
-
Loeb by die 2007-tydren Catalunya
-
Loeb op 'n padgedeelte tydens die Rally Finland in 2006
-
Loeb by die 2011 Rally de Portugal
-
Loeb tydens die Rally Argentina in 2008
-
Loeb tydens 'n oefenlopie in Ciprus
-
Loeb in Sofia voor die 2010 Rally Bulgaria
-
Loeb by die "Goodwood Festival of Speed"
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Team Peugeot Total - The team". redbull.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2018. Besoek op 21 Januarie 2018.