PackBot


PackBot is 'n reeks militêre robotte deur Endeavor Robotics (voorheen deur iRobot[1]), 'n internasionale robotikamaatskappy wat in 2016 gestig is, geskep uit iRobot, wat voorheen sedert 1990 militêre robotte vervaardig het. Meer as 2000 is in Irak en Afghanistan gebruik.[2] Hulle is ook gebruik om te help met die soektog deur die puin van die Wêreldhandelsentrum na Aanvalle op 9/11 in 2001[3] Nog 'n voorbeeld van die implementering van die PackBot-tegnologie was by die beskadigde Fukushima-kernkragsentrale na die 2011 Tōhoku-aardbewing en -tsunami, waar hulle die eerstes was om die terrein te assesseer.[4] Vanaf November 2014 is die Amerikaanse leër besig om 224 iRobot 510-robotte op te knap.[5] Die PackBot-tegnologie word ook in samewerking met NASA vir hul robotte gebruik.
Kort geskiedenis
[wysig | wysig bron]- 1998 – iRobot sluit 'n DARPA-kontrak wat lei tot die PackBot.
- 2001 – iRobot PackBot is gebruik om die ruïnes van die Wêreldhandelsentrum te deursoek na die 9/11-aanvalle.
- 2002 – PackBot is vir die eerste keer ontplooi om Amerikaanse troepe te help.
iRobot Internasionale PackBot-bestellings
[wysig | wysig bron]In Februarie 2011 het iRobot bevestiging vrygestel van 'n ooreenkoms van altesaam $4,4 miljoen vir die eerste kwartaal van 2011 vir die vervaardiging van 27 PackBot 510's en onderdele wat daarmee gepaardgaan.[6] In 2010 het die industriële afdeling van iRobot $13,2 miljoen in inkomste opgebou vir internasionale bestellings vir PackBot alleen in meer as 25 lande.[6] In September 2014 het iRobot 'n ooreenkoms met die Kanadese Departement van Nasionale Verdediging (DND) gesluit. Die kontrak was vir die lewering van PackBot-verkennings-, chemiese, biologiese, radiologiese en kernstelsels. Die kontrak was geprys op $9,6 miljoen en sluit die opleiding van militêre personeel in om die toerusting te gebruik, sowel as lewenslange herstelwerk en tegniese ondersteuning.[7] PackBots is ook in nie-militêre operasies gebruik. In 2014 het die Brasiliaanse regering 'n bestelling van 30 PackBots ontvang. Die robotte is vir sekuriteitsdoeleindes tydens die 2014 FIFA Wêreldbeker gebruik en die transaksie het $7.2 miljoen beloop om die twaalf gasheerstede tydens die sokkerwedstryde te polisieer.[8] Tot op hede het iRobot meer as 5000 verskillende robotte, insluitend PackBots, internasionaal afgelewer.[7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Endeavor Robotics". endeavorrobotics.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2019. Besoek op 1 Julie 2019.
- ↑ "iRobot Delivers 3,000th PackBot". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2011.
- ↑ Sutter, John D. "How 9/11 inspired a new era of robotics". CNN. Besoek op 8 November 2016.
- ↑ Nakata, Hiroko (6 Januarie 2012). "Domestic robots failed to ride to rescue after No. 1 plant blew". The Japan Times. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ US Army Works Toward Single Ground Robot – Defensenews.com, 15 November 2014
- ↑ 6,0 6,1 "iRobot Announces International PackBot Orders". Technology Business Journal: 3409. 22 Februarie 2011. ISSN 1945-8398.
- ↑ 7,0 7,1 "Canadian DND orders iRobot 510 PackBot CBRN robots". Army technology. 10 September 2014.
- ↑ Michael, Katina; Michael, M.G. (2014). "The Packbots Are Coming: Boosting security at the 2014 FIFA World Cup". IEEE Consumer Electronics Magazine. 3 (3): 59. doi:10.1109/MCE.2014.2317914. S2CID 22007977.