Gaan na inhoud

NAVO

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van die NAVO[1]
Kenteken van die NAVO
Ligging van die NAVO
Die toetreding van die Bondsrepubliek Duitsland in 1955
Die NAVO en die Warskouverdragslande tydens die Koue Oorlog
Lidlande volgens jare
Kandidaatlande van die NAVO in Europa:

   Lidlande

   Kandidaatlande (MAP)

   Belowe uitnodiging

   Geen lidmaatskap beplan

   Houding oor toetreding onbekend

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO; Engels: North Atlantic Treaty Organization, NATO; Frans: Organisation du traité de l'Atlantique nord, OTAN) is 'n militêre bondgenootskap wat tot stand gekom het met die ondertekening van die Noord-Atlantiese Verdrag op 4 April 1949. Die organisasie se hoofkantoor is in Brussel in België geleë. Die organisasie het 'n stelsel van gemeenskaplike verdediging daargestel waar die lidlande instem om mekaar te verdediging in geval van 'n aanval deur 'n eksterne party. Hierdie verdrag het 'n militêre bondgenootskap gesluit wat later die Westerse Europese Unie sou word. Die NAVO het tans 32 lidlande en die amptelike tale is Engels en Frans.[2]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Begin van die organisasie

[wysig | wysig bron]

Die Verdrag van Brussel wat op 17 Maart 1948 tussen België, Nederland, Luxemburg, Frankryk en die Verenigde Koninkryk onderteken is, word allerweë as die voorloper van die NAVO verdrag beskou. Die deelname van die Verenigde State is egter as nodig geag om as teenvoeter te dien vir die militêre mag van die Sowjetunie en daarom is samesprekings feitlik onmiddellik na die ondertekening van bogenoemde verdrag begin. Hierdie samesprekinge het gelei tot die stigting van die Noord-Atlantiese Verdrag wat op 4 April 1949 onderteken is. Dit het die lande van die Brusselse verdrag ingesluit asook die Verenigde State, Kanada, Portugal, Italië, Noorweë, Denemarke en Ysland. Drie jaar later op 18 Februarie 1952 het Griekeland en Turkye ook aangesluit. Die insluiting van Wes-Duitsland op 9 Mei 1955 is as 'n beduidende keerpunt in die geskiedenis van die Europese kontinent beskryf deur die destydse Minister van Buitelandse sake van Noorweë, Halvard Lange. Die stap het inderdaad gelei tot die sluiting van die Warskouverdrag, wat op 14 Mei 1955 deur die Sowjetunie en sy satellietstate onderteken is. Sodoende is die twee kante van die Koue Oorlog afgebaken.

Tydens die Koue Oorlog

[wysig | wysig bron]

NAVO-eenheid is vroeg in sy bestaan bedreig tydens Charles de Gaulle se presidentskap van Frankryk vanaf 1958 en later. De Gaulle het beswaar aangeteken teen die Verenigde State se oorheersende rol in die organisasie en wat hy beskou het as 'n spesiale verhouding tussen die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk. In 'n memorandum wat de Gaulle aan President Dwight D. Eisenhower en Eerste Minister Harold Macmillan gestuur het op 17 September 1958, het hy vertoë gerig vir die skepping van 'n drieledige direktoraat wat Frankryk op 'n gelyke grondslag as die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk sou plaas en ook dat die geografiese gebiede van belang uitgebrei moes word na wêrelddele wat vir Frankryk van belang was, soos onder andere Algerië, waar Frankryk in 'n teeninsurgensieveldtog betrokke was en waarvoor hulle NAVO ondersteuning wou hê.

De Gaulle het die antwoord onbevredigend gevind en begin om 'n onafhanklike verdedigingsmag vir sy land te bou. Op 11 Maart 1959 het Frankryk sy Middellandse vloot vanuit NAVO-bevel onttrek; drie maande later het de Gaulle die plasing van buitelandse kernwapens op Franse grondgebied verban. Dit het daartoe gelei dat die Verenigde State in 1967 tweehonderd militêre vliegtuie onttrek het en die beheer van tien lugmagbasisse, wat hulle sedert 1950 beheer het, weer aan die Franse te oorhandig.

Frankryk het ook intussen begin werk aan 'n onafhanklike kernprogram. Frankryk het hulle eerste kernwapen op 13 Februarie 1960 getoets. Ten spyte van Frankryk se solidariteit met die res van NAVO tydens die Kubaanse missielkrisis in 1962 het de Gaulle voortgegaan met sy strewe na 'n onafhanklike verdedigingsmag en Frankryk se Atlantiese- en Engelse Kanaalvloot vanuit NAVO-bevelstrukture verwyder. In 1966 is alle Franse gewapende magte vanuit NAVO-bevel verwyder en is alle nie-Franse NAVO-troepe gevra om Frankryk te verlaat. Frankryk het egter 'n lid van NAVO gebly en het in 1995 weer by NAVO se Militêre Komitee aangesluit en werksverhoudinge met NAVO se militêre strukture versterk.

Die skepping van NAVO het dit noodsaaklik gemaak dat militêre tegnologie gestandaardiseer moes word en dat daar 'n eenvormige strategie, deur Bevel-, Beheer- en Kommunikasiesentrums ontwikkel moes word. Daar is gevolglik 'n standaardisasie ooreenkoms gesluit. Die 7.62x51 NAVO rondte is toe onder andere in die 1950's as 'n standaard rondte vir gewere van NAVO-lande in gebruik geneem. Fabrique Nationale se FAL het toe die mees gewilde 7.62 NAVO geweer in Europa geword en diens gedoen tot in die vroeë 1980's. Vliegtuie se bevelseine is ook gestandaardiseer sodat NAVO-vliegtuie op enige NAVO-basis sou kon land. Ná die dood van die fascistiese diktator Francisco Franco en die oorgang na 'n grondwetlike monargie in 1975 kon Spanje op 30 Mei 1982 by NAVO aansluit.

Sedert die val van die Ystergordyn

[wysig | wysig bron]

Ná die val van die Ystergordyn en die oorgang na demokrasie kon die Oos-Europese lande, wat voorheen Warskouverdraglande was, nie net by die Europese Unie aansluit nie, maar ook NAVO-lede word. Reeds op 3 Oktober 1990 het met die Duitse hereniging die gebied van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek NAVO-gebied geword. Op 12 Maart 1999 het met Hongarye, Pole en Tsjeggië die eerste Oos-Europese lande NAVO toegetree. Op 29 Maart 2004 het die grootste uitbreiding sedert 1949 gevolg, toe Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië lede van die verdedigingsalliansie geword het. In die jare daarna het 'n aantal Balkanlande gevolg, met Albanië en Kroasië op 1 April 2009, Montenegro op 5 Junie 2017 en Noord-Masedonië op 27 Maart 2020.

Die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 het in beide Swede en Finland tot 'n spoedige herbesinning oor albei lande se tradisionele militêre neutraliteit gelei.[3] Nadat herhaaldelike meningspeilings 'n toename vir 'n NAVO-lidmaatskap getoon het, het op 17 Mei 2022 Finland en Swede 'n gesamentlike aansoek vir lidmaatskap ingedien,[4] wat op 18 Mei by die NAVO-hoofkantoor in Brussel aan die destydse sekretaris-generaal Jens Stoltenberg oorhandig is.[5] Op 4 April 2023 het Finland NAVO toegetree[6] en op 7 Maart 2024 het Swede gevolg.[7] Daarmee is al die Skandinawiese lande vir die eerste keer sedert die ontbinding van die Kalmarunie in 1523 weer lede van een (en dieselfde) militêre alliansie.[8][9]

Lidlande

[wysig | wysig bron]
Europese NAVO-lidlande volgens jaar
Datum Geskiedenis van die lidmaatskap van die NAVO No.
4 April 1949 Vlag van België België, Vlag van Denemarke Denemarke, Vlag van Frankryk Frankryk, Vlag van Italië Italië, Vlag van Kanada Kanada, Vlag van Luxemburg Luxemburg, Vlag van Nederland Nederland, Vlag van Noorweë Noorweë, Vlag van Portugal Portugal, Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk, Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State, Vlag van Ysland Ysland 12
18 Februarie 1952 Vlag van Griekeland Griekeland en Vlag van Turkye Turkye 14
6 Mei 1955 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitslanda 15
30 Mei 1982 Vlag van Spanje Spanje 16
12 Maart 1999 Vlag van Hongarye Hongarye, Vlag van Pole Pole en Flag of the Czech Republic Tsjeggië 19
29 Maart 2004 Vlag van Bulgarye Bulgarye, Vlag van Estland Estland, Vlag van Letland Letland, Vlag van Litaue Litaue, Vlag van Roemenië Roemenië, Vlag van Slowakye Slowakye en Vlag van Slowenië Slowenië 26
1 April 2009 Vlag van Albanië Albanië en Vlag van Kroasië Kroasië 28
5 Junie 2017 Vlag van Montenegro Montenegro 29
27 Maart 2020 Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 30
4 April 2023 Vlag van Finland Finland 31
7 Maart 2024 Vlag van Swede Swede 32

a Op 3 Oktober 1990 het die deelstate of Länder van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die NAVO geword.

Kandidaatlande

[wysig | wysig bron]

'n Huidige kandidaatland is Bosnië en Herzegowina, moontlike kandidaatlande is Georgië en Oekraïne.

Sekretaris-generaals

[wysig | wysig bron]
Mark Rutte, die NAVO se sekretaris-generaal sedert 1 Oktober 2024[10]

Spitsberade

[wysig | wysig bron]
Die NAVO se Spitsberaad van 1999 in Washington, D.C. – 50 jaar NAVO
Die NAVO se Spitsberaad van 2002 in Praag
NAVO-vennootskappe wêreldwyd:

   NAVO-lidlande

   Kandidaatlande

   Individuele vennootskapsaksieplan

   Vennootskap vir Vrede

   Mediterrane dialoog

   Istanboelse samewerkingsinisiatief

   Wêreldwye vennote

Europese lande volgens lidmaatskap:

   Lidland van slegs die Europese Unie

   Lidland van slegs die NAVO

   Lidland van albei organisasies

NAVO-spitsberade[11]
Jaar Datum Land Stad Gasheerleier
1957 16–19 Desember Vlag van Frankryk Frankryk Parys President René Coty
1974 26 Junie Vlag van België België Brussel Eerste Minister Leo Tindemans
1975 29–30 Mei Vlag van België België Brussel Eerste Minister Leo Tindemans
1977 10–11 Mei Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Londen Eerste minister James Callaghan
1978 30–31 Mei Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Washington, D.C. President Jimmy Carter
1982 10 Junie Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Bonn Kanselier Helmut Schmidt
1985 21 November Vlag van België België Brussel Eerste minister Wilfried Martens
1988 2–3 Maart Vlag van België België Brussel Eerste minister Wilfried Martens
1989 29–30 Mei Vlag van België België Brussel Eerste minister Wilfried Martens
1989 4 Desember Vlag van België België Brussel Eerste minister Wilfried Martens
1990 5–6 Julie Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Londen Eerste minister Margaret Thatcher
1991 7–8 November Vlag van Italië Italië Rome Eerste Minister Giulio Andreotti
1994 10–11 Januarie Vlag van België België Brussel Eerste minister Jean-Luc Dehaene
1997 27 Mei Vlag van Frankryk Frankryk Parys President Jacques Chirac
1997 8–9 Julie Vlag van Spanje Spanje Madrid Eerste minister José María Aznar
1999 23–25 April Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Washington, D.C. President Bill Clinton
2002 21–22 November Flag of the Czech Republic Tsjeggië Praag Eerste minister Vladimír Špidla
2004 28–29 Junie Vlag van Turkye Turkye Istanboel Eerste minister Recep Tayyip Erdoğan
2005 22 Februarie Vlag van België België Brussel Eerste minister Guy Verhofstadt
2006 28–29 November Vlag van Letland Letland Riga Eerste minister Aigars Kalvītis
2008 2–4 April Vlag van Roemenië Roemenië Boekarest President Traian Băsescu
2009 3–4 April Vlag van Frankryk Frankryk Frankryk
Vlag van Duitsland Duitsland
Straatsburg
Kehl
President Nicolas Sarkozy
Kanselier Angela Merkel
2010 19–20 November Vlag van Portugal Portugal Lissabon Eerste minister José Sócrates
2012 20–21 Mei Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Chicago President Barack Obama
2014 4–5 September Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Newport en Cardiff Eerste minister David Cameron
2016 8–9 Julie Vlag van Pole Pole Warskou President Andrzej Duda
2018 11–12 Julie Vlag van België België Brussel Sekretaris-generaal Jens Stoltenberg
2021 14 Junie Vlag van België België Brussel Sekretaris-generaal Jens Stoltenberg
2022 29–30 Junie Vlag van Spanje Spanje Madrid Eerste minister Pedro Sánchez
2023 11–12 Julie Vlag van Litaue Litaue Vilnius President Gitanas Nausėda
2024 9–11 Julie Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Washington, D.C. President Joe Biden
2025 24–25 Junie Vlag van Nederland Nederland Den Haag Eerste minister Dick Schoof
2026 7–8 Julie Vlag van Turkye Turkye Ankara President Recep Tayyip Erdoğan
2027 MNAW Vlag van Albanië Albanië Tirana Eerste Minister Edi Rama

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "A Star is Born". NAVO. Besoek op 3 Oktober 2024.
  2. (en) "What is NATO?". NAVO. Besoek op 3 Oktober 2024.
  3. (de) "NATO-Beitritt als Schutzschild in Reichweite". Österreichischer Rundfunk. 9 April 2022. Besoek op 3 Oktober 2024.
  4. (de) "Beitrittserklärung unterzeichnet: Schweden beantragt Aufnahme in NATO". Tagesschau. 17 Mei 2022. Besoek op 3 Oktober 2024.
  5. (de) Helena Gries, Lukas Zigo, Sonja Thomaser, Nadja Austel, Vincent Büssow, Christian Stör (18 Mei 2022). "NATO-Beitritt: Schweden und Finnland bekommen Unterstützung". Frankfurter Rundschau. Besoek op 3 Oktober 2024.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. (en) "Finland joins NATO as 31st Ally". NAVO. 4 April 2023. Besoek op 3 Oktober 2024.
  7. (en) "Sweden officially joins NATO". NAVO. 7 Maart 2024. Besoek op 3 Oktober 2024.
  8. (de) Ronald D. Gerste (30 Mei 2023). "Unabhängigkeit von Schweden – Alter Schwede". Die Zeit. Besoek op 3 Oktober 2024.
  9. (de) Linda Koponen (28 Februarie 2024). "Gewinnt die Nato nach Schwedens Beitritt die alleinige Kontrolle über die Ostsee? Es ist kompliziert – eine Analyse in Karten". Neue Zürcher Zeitung. Besoek op 3 Oktober 2024.
  10. (en) "NATO Secretary General". NAVO. Besoek op 3 Oktober 2024.
  11. (en) "NATO Summit Meetings". NAVO. Besoek op 9 September 2025.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]