Kaap Maclear
Voorkoms
	
	
Kaap Maclear is ‘n klein kaap net oos van die Kaap die Goeie Hoop en net wes van Kaappunt aan die mees suidelike punt van die Kaapse Skiereiland.
Heel waarskynlik het Bartolomeus Dias hier op 6 Junie 1488 sy tweede padrão, die Padrão de São Filipe (die kruis van die Heilige Philippus), opgerig. Dit is ook ‘n argeologiese vindterrein.
Die kaap dra die naam van Thomas Maclear, ‘n bekende Kaapse sterrekundige. Ook die dorp Maclear, die Maclear-baken op Tafelberg en ‘n ander Kaap Maclear in Malawi waar David Livingstone ‘n sendingstasie gehad het, is na hom vernoem.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Slingsby, Peter: Exploring the Cape Peninsula. Cape Town’s southern suburbs. Muizenberg: Slingsby Maps, 2013. ISBN 978-1-920377-11-3
