Elbe
Voorkoms
| Labe - Elbe - Elv | |
|---|---|
| Die Elbe in Sakse. | |
|
Die stroomgebied van die Elbe. | |
| Oorsprong | Reusegebergte (Tsjeggië) |
| Monding | Elbmonding, Duitsland Noordsee |
| Stroomgebied | Tsjeggië en Duitsland |
| Lengte | 1 091 km (678 myl) |
| Oorspronghoogte | 1 386 m (4 547 voet) |
| Mondinghoogte | 0 m |
| Gemiddelde afloop | 711 m³/s (25 109 ft³/s) |
| Stroomgebiedopp. | 148 268 km² (57 247 myl²) |
| Kaart van die Elbe-bekken in Europa.
| |

Die Elbe (Tsjeggies: Labe, Nederduits: Elv) is 'n rivier in Tsjeggië en Duitsland met 'n lengte van 1 091 kilometer (678 myl). Die rivier vloei deur die Duitse deelstate Sakse, Brandenburg, Sakse-Anhalt, Mecklenburg-Voorpommere, Nedersakse, Hamburg en Sleeswyk-Holstein en mond uit in die Noordsee by Cuxhaven. Die grootste stede, wat in Duitsland aan die Elbe geleë is, is Dresden, Maagdenburg en Hamburg.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Elbe. |

