Gaan na inhoud

ESPN

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

ESPN ('n afkorting van hul oorspronklike naam, wat die Entertainment and Sports Programming Network was[1]) is ’n Amerikaanse internasionale multiplatform-sportmediamaatskappy wat besit word deur die Walt Disney Company (80% en operasionele beheer) en Hearst Communications (20%) deur die gesamentlike onderneming ESPN Inc. Die maatskappy is in 1979 gestig deur Bill Rasmussen, Scott Rasmussen en Ed Eagan.[1]

ESPN saai hoofsaaklik uit vanuit ateljeefasiliteite in Bristol, Connecticut. Die netwerk bedryf ook kantore en hulpateljees in Miami, Orlando, New York Stad, Las Vegas, Seattle, Charlotte, Washington, D.C., en Los Angeles. James Pitaro is voorsitter sedert 5 Maart 2018, na die bedanking van John Skipper op 18 Desember 2017.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "What does ESPN stand for?" (in Engels (VSA)). ESPN Internet Ventures, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2023. Besoek op 8 September 2022.
  2. James, Meg (23 November 2011). "John Skipper is promoted to ESPN president". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2012. Besoek op 24 Januarie 2012.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]