Clostridium perfringens
| Clostridium perfringens | |
|---|---|
| Mikrofoto van Gram-positieve Clostridium perfringens bakterieë | |
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Bakterieë |
| Koninkryk: | Bacillati |
| Filum: | Bacillota |
| Klas: | Clostridia |
| Orde: | Eubacteriales |
| Familie: | Clostridiaceae |
| Genus: | Clostridium |
| Spesie: | C. perfringens
|
| Binomiale naam | |
| Clostridium perfringens Veillon & Zuber 1898
Hauduroy et al. 1937 | |
Clostridium perfringens is 'n anaërobiese, Gram-positiewe, staafvormige spoorvormende organisme. Die organisme is feitlik alomteenwoordig in die omgewing en word gereeld in die ingewande van mense en baie (mak) diere aangetref. Spore van hierdie organisme word in grond, sedimente en plekke waar daar kontak met menslike of dierlike ontlasting is, aangetref.[1]
Tipe C-stamme
[wysig | wysig bron]Clostridium perfringens veroorsaak voedselvergiftiging. 'n Meer ernstige, maar seldsame siekte word veroorsaak deur die eet van voedsel wat besmet is met tipe C-stamme. Hierdie siekte staan ook bekend as nekrotiese enteritis (’n vorm van dermontsteking).[1]
Die mees algemene vorm van Clostridium perfringens-voedselvergiftiging word gekenmerk deur erge buikkrampe en diarree 8–22 uur na die eet van voedsel wat groot hoeveelhede toksienproduserende C. perfringens bevat. Die meeste simptome verdwyn na 24 uur, maar minder ernstige simptome kan in sommige gevalle vir een of twee weke voortduur. 'n Aantal sterftes het plaasgevind as gevolg van dehidrasie en ander komplikasies.[1]
Tipe B-stamme
[wysig | wysig bron]Tipe B is 'n bakterie wat in lammers die siektes bloedpens en bloedniersiekte veroorsaak.[2] [3]
Bloedpens is'n bakteriële siekte wat 'n lam vanaf die weiveld binnekom. Die bakterieë besmet vir weiveld vir 'n baie lang tyd. Die siekte kan voorkom word deur die lammers so spoedig moontlik ná geboorte in te ent, of deur die ooie in te ent voor hulle geboorte gee. Bloedniersiekte kom voor in ouer lammers en kan dodelik wees. [2]
Simptome sluit in skielike dood, lusteloosheid, lê, buikpyn en 'n stinkende diarree wat bloederig kan wees. Tydens nadoodse ondersoek toon die ingewande ernstige inflammasie, maagsere en nekrose. Die sterftesyfer nader 100 persent. Cl. perfringens tipe B is nie algemeen in die VSA nie, maar word gereeld in Engeland, Europa, Suid-Afrika en die Nabye Ooste aangetref.[3]