10 September
Voorkoms
	
	
| << | September 2025 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 
| 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
| 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 
| 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 
| 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 
| 28 | 29 | 30 | ||||
| Al die dae | ||||||
10 September is die 253ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (254ste in skrikkeljare). Daar volg nog 112 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 422 – Pous Celestinus I volg Pous Bonifatius I op.
 - 1515 – Pous Leo X stel Thomas Wolsey, aartsbiskop van York, aan as kardinaal.
 - 1523 – Pous Adrianus VI stel Willen van Enckenvoirt, biskop van Tortosa, aan as kardinaal.
 - 1721 – Die Groot Nordiese Oorlog eindig.
 - 1770 – Pous Clemens XIV stel Scipione Borghese, titulêr aartsbiskop van Teodosia en Giovanni Battista Rezzonico, prefek van die Apostoliese Paleis aan as kardinaal.
 - 1813 – Die Slag van Eriemeer vind plaas tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812.
 - 1891 – Die NG gemeente Rondebosch stig af van die NG gemeente Wynberg.
 - 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Ná die Inval van Pole sluit Kanada by die Geallieerdes aan.
 - 1974 - Portugees-Guineë verkry sy onafhanklikheid as die Republiek van Guinee-Bissau.
 - 1987 – Begin van die Slag van Cuito Cuanavale in Angola, die grootste veldslag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog.
 - 1988 – Steffi Graf van Duitsland word slegs die derde vrou wat tennis se Grand Slam verower, toe sy die VSA-opetoernooi wen.
 - 2005 – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David Lincoln Rabinowitz ontdek Disnomia, sover bekend die enigste natuurlike satelliet van die dwergplaneet Eris.
 - 2024 – Die Polaris Dawn private menslike ruimtevlugsending wat deur SpaceX bestuur word, word gelanseer in die Verenigde State.
 
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1169 – Alexios II, keiser van die Bisantynse Ryk († 1183).
 - 1487 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III), die 221ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1555).
 - 1659 – Henry Purcell, Engelse orrelis en komponis († 1695).
 - 1870 – Prof. Gabriël Gideon Cillié, Afrikaanse opvoedkundige en kultuurleier († 1958).
 - 1885 – Gravin Dora Pejačević, Kroatiese komponis en lid van die Huis van Pejačević († 1923).
 - 1886 – H.D., Amerikaanse aktrise, digter en memoirskrywer († 1961).
 - 1897 – Georges Bataille, Franse filosoof en digter († 1962).
 - 1897 – Hilde Hildebrand, Duitse aktrise en sangeres († 1976).
 - 1898 – Bessie Love, Amerikaanse aktrise († 1986).
 - 1915 – Edmond O'Brien, Amerikaanse akteur († 1985).
 - 1931 – Philip Baker Hall, Amerikaanse akteur († 2022).
 - 1933 – Rita Roberts, Suid-Afrikaanse sopraan.
 - 1933 − Karl Lagerfeld, Duitse-Franse modeontwerper, fotograaf en kostuummaker († 2019).
 - 1937 – Jared Diamond, Amerikaanse geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer.
 - 1941 – Christo Wiese, Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman.
 - 1948 – Judy Geeson, Engelse aktrise.
 - 1953 – Amy Irving, Amerikaanse aktrise.
 - 1953 – Michael Schønwandt, Deense dirigent.
 - 1960 – Colin Firth, Engelse akteur en vervaardiger.
 - 1969 – Johnathon Schaech, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
 - 1972 – James Duval, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
 - 1974 – Ryan Phillippe, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
 - 1982 – Heino Schmitt, Suid-Afrikaanse akteur.
 - 1984 – Harry Treadaway, Engelse akteur.
 - 1984 – Luke Treadaway, Engelse akteur.
 
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 210 v.C. – Qin Shi Huang, eerste keiser van China (* 260 v.C.).
 - 1167 – Matilda van Engeland (* 1102).
 - 1797 – Mary Wollstonecraft, Engelse skrywer, filosoof en kampvegter vir vroueregte (* 1759).
 - 1883 – Hendrik Conscience, Vlaamse skrywer (* 1812)
 - 1961 – Leo Carrillo, Amerikaanse akteur en sanger (* 1880).
 - 1961 – Wolfgang von Trips, Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die Italiaanse Grand Prix (* 1928).
 - 1979 – Agostinho Neto, Angolese politikus, 1ste President van Angola (* 1922).
 - 1975 – Hans Swarowsky, Oostenrykse dirigent (* 1899).
 - 1983 – John Vorster, Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister van Suid-Afrika (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) (* 1915).
 - 1996 – Joanne Dru, Amerikaanse aktrise (* 1922).
 - 2007 – Jane Wyman, Amerikaanse aktrise (* 1917).
 - 2011 – Cliff Robertson, Amerikaanse akteur (* 1923).
 - 2014 – Richard Kiel, Amerikaanse akteur (* 1939).
 - 2017 – Harry Landers, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1921).
 - 2018 – Jannie Geldenhuys, voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (* 1935).
 - 2020 – Diana Rigg, Engelse aktrise (*1938).
 - 2025 – Deon Fourie, Suid-Afrikaanse generaal, akademikus en militêre historikus (* 1932).
 - 2025 – Charlie Kirk, Amerikaanse aktivis (* 1993).
 
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 September. |