Wikipedia:Naamruimte
'n Wikipedia naamruimte is 'n stel van Wikipedia bladsye wie se name begin met 'n sekere gereserveerde woord wat deur die MediaWiki-sagteware herken word (gevolg deur 'n dubbelpunt). Byvoorbeeld, in die gebruiker naamruimte begin alle titels met die voorvoegsel Gebruiker:. In die geval van die artikel (of hoof) naamruimte, waarin ensiklopedie-artikels verskyn, is die gereserveerde woord en dubbelpunt afwesig. (Let wel: hoofruimte-artikels kan opsioneel 'n dubbelpunt aan die begin insluit met geen gereserveerde woord nie, dus [[Artikel]] en [[:Artikel]] is ekwivalent. Dit is gewoonlik net nodig vir die gevorderde tegniek van Transklusie van 'n hoofruimte-artikel in 'n bladsy in 'n ander naamruimte.)
Die 15 aanvullende naamruimtes is soos volg:
| {{ns:1}} | Bespreking |
| {{ns:2}} | Gebruiker |
| {{ns:3}} | Gebruikerbespreking |
| {{ns:4}} | Wikipedia |
| {{ns:5}} | Wikipediabespreking |
| {{ns:6}} | Lêer |
| {{ns:7}} | Lêerbespreking |
| {{ns:8}} | MediaWiki Template:All system messages |
| {{ns:9}} | MediaWikibespreking |
| {{ns:10}} | Sjabloon Wikipedia:Navigasietemplate |
| {{ns:11}} | Sjabloonbespreking |
| {{ns:12}} | Hulp |
| {{ns:13}} | Hulpbespreking |
| {{ns:14}} | Kategorie |
| {{ns:15}} | Kategoriebespreking |
Vir 'n volledige lys van die huidige naamruimtes op afwiki sien Spesiaal:NamespaceInfo