Unix
| Diagram van die geskiedenis en ontwikkeling van Unix en Unix-agtige bedryfstelsels | ||
| Ontwikkelaar | ||
|---|---|---|
| Ken Thompson, Dennis Ritchie, Brian Kernighan, Douglas McIlroy en Joe Ossanna by Bell Labs | ||
| Webblad | http://www.unix.org | |
| Vrystellings | ||
| Aanvanklike vrystelling | Ontwikkeling begin in 1969; eerste handleiding intern gepubliseer in November 1971[1] Buite Bell Labs aangekondig in Oktober 1973[2] | |
| Bronkodemodel | Oorspronklik geslote bron, terwyl sommige Unix-projekte (insluitende die BSD-familie en Illumos) oopbronn is | |
| Lisensie | wissel; sommige weergawes is eiendom, ander is gratis / oopbron-sagteware | |
| Kerntipe | Monolities | |
| Taal(e) | Engels | |
| Ondersteuningstatus | ||
| Verdere leesstof | ||
Unix (amptelike handelsmerk UNIX®) is 'n bedryfstelsel vir rekenaars wat oorspronklik in 1969 deur 'n groep AT&T-werknemers in Bell Labs ontwikkel is. Deel van die span was Ken Thompson, Dennis Ritchie en Douglas McIlroy. Vandag se Unix-bedryfstelsels is verdeel in verskeie takke, wat mettertyd deur AT&T, ander kommersiële verskaffers en nie-winsgewende organisasies ontwikkel is.
Vanaf 2007 besit die Open Group ('n industriestandaard-konsortium) die UNIX®-handelsmerk. Slegs stelsels wat ten volle ooreenstem met die Enkele UNIX-spesifikasie kwalifiseer as "UNIX®" (ander word gesien as Unix-verwant).
Gedurende die laat 1970's en vroeë 1980's het Unix se invloed in akademiese kringe gelei tot die grootskaalse implementering van Unix (in besonders die BSD-variant, komende van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, in die VSA) deur kommersiële organisasies. Die bekendste voorbeeld hiervan is Sun Microsystems. Vandag is Unix en Unix-verwante stelsels alomteenwoordig, insluitend variasies soos Linux en BSD.
Soms word die term "tradisionele Unix" gebruik om Unix of 'n bedryfstelsel te beskryf met die karakteristieke van Unix Weergawe 7 of UNIX System V (d.i. System V).
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) McIlroy, M. D. (1987). "A Research Unix reader: annotated excerpts from the Programmer's Manual, 1971–1986" (PDF). CSTR (139). Bell Labs.
{{cite journal}}: Cite journal requires|journal=(hulp) - ↑ (en) Ritchie, D. M.; Thompson, K. (1974). "The UNIX Time-Sharing System". CACM. 17 (7): 365–375.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Unix.- (en) Amptelike webwerf