Maputalandraasblaar
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Combretum mkuzense)
| Maputalandraasblaar | |
|---|---|
| Struik met groen vrugte in die Manie van der Schijff Botaniese Tuin | |
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Plantae |
| Klade: | Tracheofiete |
| Klade: | Angiospermae |
| Klade: | Eudicots |
| Klade: | Rosids |
| Orde: | Myrtales |
| Familie: | Combretaceae |
| Genus: | Combretum |
| Spesie: | C. mkuzense
|
| Binomiale naam | |
| Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief, (1989)
| |
Maputalandraasblaar (Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief) is 'n bladwisselende struik of klein boom wat inheems is aan die oostelike kusvlakte van Suider-Afrika. Op die oog af kom dit baie met die Raasblaar ooreen.
Die verspreidingsgebied strek van die oostelike Lebombo-voetheuwels tot in die kuswoud van Maputaland, en dit is ook teenwoordig in aanliggende Mosambiek. Dit word daar byvoorbeeld in die Licuáti-reservaat aangetref.[1]
Die voorkomsgebied binne Suid-Afrika is 6 700 km² waar dit van 12 lokaliteite bekend is. Dit word aangetref in geslote boomveld en in sandwoud. Op die SANBI-rooilys word dit as byna bedreig (NT) gelys, weens ontbossing vir landbou en die insameling van brandhout.[2][3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Licuáti forest reserve, Mozambique: flora, utilization and conservation Samira Aly Izidine 2003 proefskrif U. Pretoria.
- ↑ Victor, J.E.; van Wyk, A.E. (2009). "Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief". SANBI-Rooilys van Suider-Afrikaanse plante (in Engels). SANBI. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2018. Besoek op 11 April 2016.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:937405-1